Nehemiah 8:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Esra, die priester, het die wet voor die vergadering gebring van mans sowel as vroue en almal wat met verstand kon hoor, op die eerste dag van die sewende maand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priester Esra het die wetboek op 8 Oktober na die byeenkoms toe gebring. Daar was mans, vroue en kinders wat reeds kon verstaan, teenwoordig. |
| Afrikaans 1933/1953 | het die hele volk soos een man op die plein voor die Waterpoort bymekaargekom en aan Esra, die skrifgeleerde, gesê om die boek van die wet van Moses, wat die HERE Israel beveel het, te bring. |
| Afrikaans 1983 | Die hele volk het soos een man bymekaargekom op die plein voor die Waterpoort en vir Esra die skrifgeleerde gevra om die wetboek van Moses waarin die bevele van die Here aan Israel opgeteken is, te bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele volk het toe soos een man byeengekom op die plein voor die Waterpoort en Esra, die skrifgeleerde, gevra om die •boekrol te bring met die Wet van Moses wat die Here Israel beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die mense het bymekaargekom op die oop stuk grond by die Water-poort. Hulle het vir Esra, die sekretaris, gesê hy moet die boek bring waarin die Wette van Moses is, die wette wat die Here vir die volk Israel gegee het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hele volk het op die eerste dag van die sewende maand op die plein voor die Waterhek bymekaargekom. Hulle het vir Esra, die groot kenner van die wetboek van Moses, gevra om die wetboek, waarin al die opdragte en voorskrifte van die Here vir sy volk Israel opgeteken is, saam te bring. |