Nehemiah 8:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook het hy dag vir dag, van die eerste dag tot die laaste dag, gelees in die wetboek van God. En hulle het die fees sewe dae lank gehou; en op die agtste dag was daar 'n feestyd volgens die voorskrif.
Afrikaans (NLV) 2011 Esra het elke dag, vir sewe dae lank, uit die Wetboek van God voorgelees. Sewe dae lank het hulle so feesgevier. Op 15 Oktober, die agtste dag van die fees, het hulle, soos voorgeskryf, ’n plegtige byeenkoms gehou.
Afrikaans 1933/1953 En die hele vergadering wat uit die gevangenskap teruggekom het, het hutte gemaak en in die hutte gewoon; want van die dae van J,sua af, die seun van Nun, tot op daardie dag het die kinders van Israel nie so gedoen nie; en daar was baie groot blydskap. [ (Nehemiah 8:19) En hy het dag vir dag, van die eerste dag af tot die laaste dag toe, voorgelees uit die wetboek van God; en hulle het sewe dae lank fees gehou en op die agtste dag 'n feestyd volgens verordening. ]
Afrikaans 1983 Die hele gemeente, die mense wat uit die ballingskap teruggekom het, het hutte gebou en daarin gaan woon. So het die Israeliete dit nie gedoen van die tyd van Josua seun van Nun af tot dié dag toe nie. Daar was baie groot vreugde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hele geloofsgemeenskap, dié wat teruggekeer het uit die ballingskap, het hutte gemaak en in die hutte gewoon. Ja, sedert die dae van Josua, seun van Nun, tot op daardie dag het die Israeliete dit nog nooit so gedoen nie. Daar was baie groot vreugde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Almal wat teruggekom het uit Babel waar hulle gevangenes was, het hutte gemaak en hulle het daarin gewoon. Dit was die eerste maal dat die Israeliete dit weer gedoen het van die tyd van Josua seun van Nun af. Almal was baie bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die mense wat uit die ballingskap teruggekom het, het vir hulle ’n hut gebou en daarin gaan bly. Dit was iets wat die Israeliete in Josua se tyd laas op so ’n skaal gedoen het. Almal was opgewonde en bly hieroor.