Nehemiah 8:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hele vergadering van die wat uit die gevangenskap teruggekom het, het hutte gemaak en onder die hutte gaan sit; want van die dae van Jesua, die seun van Nun, af tot op daardie dag het die kinders van Israel dit nie gedoen nie. En daar was baie groot blydskap. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Almal wat uit gevangenskap teruggekeer het, het vir die sewe dae van die fees in hierdie hutte gebly. Hulle het laas in die tyd van Josua die seun van Nun so fees gevier. Daar was groot blydskap onder hulle! |
| Afrikaans 1933/1953 | En die volk het uitgetrek en dit gebring en vir hulle hutte gemaak, elkeen op sy dak en op hulle erwe en in die voorhowe van die huis van God en op die plein van die Waterpoort en op die plein van die Efraimspoort. |
| Afrikaans 1983 | Die mense het die takke gaan haal, en elkeen het vir hom 'n hut gebou, op die dak van sy huis of in sy binneplaas of in die voorhof van die tempel of op die plein by die Waterpoort of op die plein by die Efraimspoort. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die volk het toe uitgegaan, dit ingebring en vir hulleself hutte gemaak, elkeen op sy dak, in hulle binnehowe of in die voorhowe van die huis van God, en ook op die plein by die Waterpoort en die plein by die Efraimspoort. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense het gegaan en hulle het takke gebring. Hulle het vir hulle hutte gemaak op hulle huise se dakke en op die oop stukke grond by hulle huise, by die tempel, by die Water-poort en die Efraim-poort. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense is toe daar weg en nadat hulle die takke gaan haal het, het hulle hutte gebou. Party het hulle hut op hulle huis se dak gebou, ander in die binnepleine. Party het selfs op die binneplein van die tempel hutte gebou. Ander se hutte het weer by die Waterhek en die Efraimshek gestaan. |