Nehemiah 8:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die volk het toe uitgegaan en hulle gebring en vir hulle hutte gemaak, elkeen op die dak van sy huis en in hulle voorhowe en in die voorhowe van die huis van God en op die straat van die Waterpoort en in die straat van die Efraimpoort. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense het toe uitgegaan en die takke gaan sny. Hulle het die takke gebruik om op die platdakke van hulle huise of in die binnehowe van hulle huise hutte te maak. Ander het hutte in die binneplein van die tempel gemaak of op die pleine by die Waterpoort en die Efraimspoort. |
| Afrikaans 1933/1953 | en dat hulle moes afkondig en rondstuur deur al hulle stede en in Jerusalem om te sê: Trek uit op die gebergte en bring olyftakke en oliewenhouttakke en mirtetakke en palmtakke en takke van digte bome om hutte te maak soos geskrywe is. |
| Afrikaans 1983 | en dat hulle die oproep moet maak en dit in al die stede en in Jerusalem moet laat afkondig: “Gaan na die berge toe en bring olyftakke, olientakke, mirtetakke, palmtakke, takke met digte blare om hutte te maak soos dit voorgeskryf is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle moes dit bekend maak. Hulle moes 'n boodskap deur al hulle dorpe en Jerusalem stuur: “Gaan uit na die berge, en bring takke van olyfbome, wilde-olyfhoutbome, mirtebome, dadelpalms en die takke van welig groeiende bome, om hutte te maak, soos daar geskryf staan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het ook gehoor dat hulle boodskappe moet stuur vir almal in die stede en in Jerusalem. Hulle moet vir die mense sê: “Julle moet na die berge gaan en takke bring, takke van olyfbome, olienhoutbome, palmbome en ander bome wat blare het. Julle moet hutte maak van die takke, dit is wat die wette sê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het toe die volgende boodskap na Jerusalem en al die omringende dorpe en stede toe gestuur: “Gaan soek in die heuwels na olyftakke, olienhouttakke, mirteboomtakke, palmtakke en ander digteblaartakke. Maak dan volgens die voorskrif wat die wetboek gee vir julle hutte waarin julle gedurende die feestyd kan bly.” |