Nehemiah 8:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dat hulle dit sou verkondig en uitroep in al hulle stede en in Jerusalem en sê: Gaan uit na die berg en haal olyftakke en dennetakke en mirtetakke en palmtakke en takke van digte bome om hutte te maak, soos geskrywe is.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het gesê dat hulle in al die dorpe en veral in Jerusalem die volgende boodskap moet aankondig: “Gaan haal olyftakke, olienhouttakke, mirteboomtakke, palmtakke en vyeboomtakke in die heuwels. Maak hutte daarvan soos vir julle voorgeskryf is.”
Afrikaans 1933/1953 Toe vind hulle uit dat in die wet wat die HERE deur die diens van Moses beveel het, geskrywe was dat die kinders van Israel op die fees in die sewende maand in hutte moes woon,
Afrikaans 1983 Hulle vind toe in die wet geskrywe dat die Here deur Moses opdrag gegee het dat die Israeliete in hutte moet woon vir die duur van die fees in die sewende maand,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle ontdek toe, opgeteken in die Wet wat die Here by monde van Moses beveel het, dat die Israeliete in hutte moet woon tydens die fees in die sewende maand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het gehoor dat daar in die wette geskryf is dat die Israeliete in hutte moet woon terwyl hulle die fees in die sewende maand vier. Die Here het hierdie wette vir Moses gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle ontdek toe dat die Here deur Moses beveel het dat die Israeliete gedurende die fees wat in die sewende maand gevier word in hutte moet bly.