Nehemiah 8:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hele volk het op pad gegaan om te eet en te drink en om porsies te stuur en om groot blydskap te maak, omdat hulle die woorde verstaan het wat aan hulle verkondig is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense het toe weggegaan om ’n feesmaal te eet en te drink en hulle kos met ander mense te deel. Hulle het goed verstaan wat voorgelees is. Dit het hulle baie bly gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Leviete het die hele volk tot bedaring gebring en gesê: Wees stil! want hierdie dag is heilig; wees dus nie bedroef nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Leviete het al die mense gekalmeer met die woorde: “Wees rustig. Dit is 'n gewyde dag, moenie bedroef wees nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Leviete het die hele volk gemaan om stil te wees en gesê: “Wees stil, want hierdie dag is heilig! Moenie neerslagtig wees nie!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Leviete het vir die mense gesê hulle moet stil wees en nie hartseer wees nie, want dit is 'n gewyde dag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ook die Leviete het die mense kalmeer met die woorde: “Stil nou, dit is ’n dag wat aan die Here behoort. Dit is nie ’n dag vir trane nie.” |