Nehemiah 7:70 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sommige van die familiehoofde het aan die werk gegee. Die Tirshata het aan die skat duisend dram goud gegee, vyftig komme, vyf honderd en dertig priesterklere. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Party familiehoofde het bydraes vir die werk gegee. Die goewerneur het agt en ’n half kilogram goud, 50 goue komme en 530 stelle priesterklere gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n deel van die familiehoofde het bygedra vir die werk; die goewerneur se bydrae tot die fonds was: in goud duisend dragmes, vyftig komme, vyf honderd en dertig priesterrokke. |
| Afrikaans 1983 | Party familiehoofde het bydraes gegee vir die werk. Die goewerneur het vir die fonds ag en 'n half kilogram goud, vyftig komme en vyf honderd en dertig stelle priesterklere gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ander familiehoofde het vir die boufonds 20 000 goue dragme en 2 200 silwermina gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party van die familiehoofde het presente gebring vir die werk by die tempel. Die goewerneur het 1 000 goue darieke en 50 bakke en rokke vir 530 priesters gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sommige van die hoofde van die families het bydraes gegee vir die koste verbonde aan die herstelwerk. Die goewerneur het 8,5 kilogram goud, 50 seremoniële waskomme en 530 stelle priesterklere geskenk. |