Nehemiah 7:65 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die oorheerser het vir hulle gesê dat hulle nie van die hoogheilige gawes mag eet voordat daar 'n priester met Urim en Tummim opgestaan het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die amptenaar wat met dié saak belas was, het besluit dat hulle nie van die gewyde gawes mag eet voordat ’n priester met die Urim en die Tummim uitsluitsel gegee het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat die priester sou optree met Urim en Tummim. |
| Afrikaans 1983 | Die amptenaar wat met dié saak belas was, het beslis dat hulle nie van die gewyde gawes mag eet voordat 'n priester uitsluitsel gegee het met die urim en die tummim nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die administrateur het hulle laat weet dat hulle nie van die •besonder heilige gawes mag eet nie, totdat 'n priester aan diens kom wat die Urim en Tummim kon hanteer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die goewerneur het vir hulle gesê hulle mag nie eet van die hoog-gewyde offers nie. Hulle moes wag totdat 'n priester vir die urim en tummim gevra het wat met hulle moet gebeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die goewerneur wou hulle nie eens toelaat om van die offervleis wat vir die priesters uitgehou word te eet voordat daar ’n priester gekom het wat God se wil kon bekendmaak nie. |