Nehemiah 7:64 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het hul register gesoek onder die wat volgens die geslagsregister gereken is, maar dit is nie gevind nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie families het probeer vasstel of hulle in die registers opgeneem is, maar hulle kon niks vind nie. Hulle is van hulle priesterskap onthef.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het hul stamboom gesoek onder die wat in die register opgeneem is, maar dit was nie te vinde nie; daarom is hulle onbevoeg verklaar vir die priesterskap.
Afrikaans 1983 Hierdie families het probeer vasstel of hulle in die registers opgeneem is, maar daar kon niks gevind word nie, en hulle is uit die priesterskap onthef.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierdie mense het hulle inskrywings in die geslagsregisters probeer opspoor, maar kon dit nie vind nie. Hulle is toe as •onrein vir die priesterskap verklaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie families het in die naamlys gesoek, maar hulle kon nie hulle name daar kry nie, en daarom kon hulle nie meer priesters wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie mense kon ongelukkig nie bewys dat hulle name in die registers opgeneem is nie; daarom is hulle nie toegelaat om in die tempel diens te doen as priesters nie.