Nehemiah 7:61 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit was hulle wat ook opgetrek het van Telmela, Tel-Haresa, Gerub, Addon en Immer, maar hulle kon nie die huis van hulle vader en hulle nageslag bekend maak of hulle uit Israel was nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Uit Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer het mense teruggekom wat nie uit hulle familieverband en afstamming kon aantoon dat hulle deel van Israel is nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit is hulle wat opgetrek het uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addon en Immer, maar wat nie hul familie en hul afkoms kon aanwys, of hulle uit Israel afkomstig was nie -- |
| Afrikaans 1983 | Uit Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer het mense teruggekom wat nie uit hulle familieverband en afstamming kon aantoon dat hulle deel van Israel is nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die volgende is dié wat weggetrek het uit Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer, maar wat nie kon aandui of hulle familie of dié se nakomelinge uit Israel was nie: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar het ook persone gekom uit die stede Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer. Maar hulle kon nie bewys aan watter families hulle behoort en wie hulle voorvaders was en dat hulle Israeliete is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Uit Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer het mense teruggekom wat nie uit hulle families en voorouers kon bewys dat hulle van Israelitiese afkoms was nie. |