Nehemiah 7:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is die kinders van die provinsie wat uit die ballingskap opgetrek het, van die weggevoertes, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het en na Jerusalem en Juda teruggekeer het, elkeen in sy stad; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hierdie is die mense van die provinsie wat teruggekom het na Jerusalem en die ander stede van Juda. Nebukadnesar, die koning van Babel, het hulle vroeër in ballingskap weggevoer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballinge, wat Nebukadn,sar, die koning van Babel, weggevoer het, en teruggekom het na Jerusalem en Juda, elkeen na sy stad; |
| Afrikaans 1983 | “Hier volg 'n opgawe van die mense uit die provinsie Juda wat uit die ballingskap teruggekom het na Jerusalem en Juda toe, elkeen na sy eie stad toe. Hulle is weggevoer deur koning Nebukadnesar van Babel, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hier volg 'n lys van die mense van die provinsie wat van die gevange ballinge af weggetrek het, dié wat •Nebukadnesar, die koning van Babilonië, weggevoer het. Hulle het na Jerusalem en Juda teruggekeer, elkeen na sy dorp, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hier is 'n lys van die mense van die provinsie Juda wat teruggekom van Babel. Koning Nebukadnesar van Babel het hulle voorheen weggevat na Babel, en hulle was daar gevangenes. Nou het hulle teruggekom na Jerusalem en Juda, elkeen het teruggekom na sy eie stad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hier volg ’n lys van die mense uit die provinsie Juda wat teruggekom het uit die ballingskap waarheen Nebukadnesar, die koning van Babel, hulle weggevoer het. Hulle het teruggekom na Jerusalem en Juda toe, elkeen na sy eie stad toe. |