Nehemiah 7:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dat ek aan my broer Hanani en Hanánja, die owerste van die paleis, bevel gegee het oor Jerusalem, want hy was 'n getroue man en het God gevrees bo baie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het my broer Ganani en Gananja, die bevelvoerder van die vesting, in bevel van Jerusalem geplaas. Gananja was ’n meer betroubare en godvresende persoon as enige van die ander mense. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het my broer Han ni en Han nja, die owerste van die vesting, oor Jerusalem aangestel -- want hy was 'n getroue man en godvresend bo baie -- |
| Afrikaans 1983 | Ek het Ganani, my ampsgenoot, en Gananja, die bevelhebber van die vesting, in bevel van Jerusalem geplaas. Gananja was 'n betroubare man wat eerbied vir God gehad het, meer as baie ander. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het Ganani, my broer, saam met Gananja, die bevelvoerder van die vesting, oor Jerusalem aangestel. Hy was immers 'n betroubare man en het meer ontsag vir God gehad as die meeste mense. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het my broer Ganani aangestel om oor Jerusalem te regeer saam met Gananja. Gananja was die hoof van die gebou by die tempel, die gebou wat sterk mure gehad het. Gananja het altyd gedoen wat hy belowe het en hy het God gerespekteer, meer as baie ander mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het die verantwoordelikheid om die stad te regeer aan twee persone opgedra: my broer Hanani en Hanania, die bevelvoerder van die fort. Hanania was ’n baie meer betroubare en godvresende man as enige van die ander. |