Nehemiah 6:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hulle het ons almal bang gemaak en gesê: Hulle hande sal verswak word van die werk, dat dit nie gedoen word nie. Versterk my hande dan nou, o God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit was bloot hulle manier om ons te intimideer. Hulle het gedink dit sou ons moedeloos maak en dat die werk tot stilstand sou kom. Ek het vir krag gebid dat die werk kon voortgaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hulle almal wou ons bang maak en het gedink: Hulle hande sal die werk laat lê, sodat dit nie gedoen word nie. Versterk dan nou my hande! |
| Afrikaans 1983 | Hulle het almal geprobeer om ons die skrik op die lyf te ja, met die gedagte: Hulle sal die werk laat staan en dit sal nie klaarkom nie. Sterk tog my hande, o God! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, hulle almal wou ons bang maak en het gedink: Hulle hande sal slap word vir die werk, sodat hulle dit nie sal doen nie. Daarom, maak my hande sterk, my Heer! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, hulle almal wou ons laat skrik, hulle het gedink ons sal moedeloos word, en die werk sal nie klaarkom nie. Daarom het ek gebid dat ek sterk sal bly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het ons probeer intimideer sodat ons moes ophou met die werk aan die muur. Maar ek het gebid: “God, maak my sterk sodat ek staande sal bly!” |