Nehemiah 6:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het ek na hom gestuur om te sê: Daar is nie sulke dinge gedoen soos jy sê nie, maar jy gee dit uit jou hart voor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het toe die volgende antwoord vir hom gestuur: “Daar is nie ’n greintjie waarheid in jou storie nie. Dit is goed wat jy self uitgedink het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ek het hom laat weet: Daar het nie sulke dinge gebeur as die waar jy van spreek nie, maar jy het dit self versin. |
| Afrikaans 1983 | Ek het hom terug laat weet: “Niks van wat jy sê, is waar nie. Jy suig dit uit jou duim.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het toe aan hom 'n boodskap gestuur en gesê: “Hierdie dinge, dit wat jy beweer, gebeur nie; inteendeel – jy versin dit in jou eie hart.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het vir hom laat weet: “Jy praat nie die waarheid nie. Nee, jy het self hierdie storie gemaak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My antwoord aan hom was: “Jy weet dis nie die waarheid nie. Dit is sommer ’n klomp stories wat jy self opgemaak het.” |