Nehemiah 6:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy het ook profete aangestel om oor jou in Jerusalem te preek en te sê: Daar is 'n koning in Juda, en nou sal dit aan die koning gerapporteer word volgens hierdie woorde. Kom dan nou, en laat ons saam raad hou.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy vertel ook dat jy profete aangestel het om in Jerusalem oor jou te profeteer. Hulle sê glo: ‘Daar is nou ’n koning in Juda!’ “Die koning sal sonder enige twyfel van hierdie gerugte te hore kom. My voorstel is dat jy liewer kom en die saak met my kom bespreek.”
Afrikaans 1933/1953 Ook het jy profete aangestel om van jou in Jerusalem uit te roep en te sê: Koning in Juda! En nou, sulke dinge sal deur die koning gehoor word; kom dan nou en laat ons saam beraadslaag!
Afrikaans 1983 en jy het ook al profete aangestel om jou in Jerusalem tot koning oor Juda uit te roep. Die gerug wil dat die koning van Persië hiervan te hore sal kom. Kom nou, kom ons praat.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy het selfs profete aangestel om in Jerusalem oor jou te verkondig, ‘Daar is 'n koning in Juda!’ Hierdie berigte gaan nou by die koning uitkom. Kom dan nou, laat ons bymekaarkom.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sê ook dat jy profete gekies en aangestel het om in Jerusalem te skree en te sê: ‘Nehemia is nou koning in Juda!’ Ek wil hê jy moet weet dat die koning hiervan sal hoor. Daarom moet jy kom sodat ons daaroor kan praat.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het blykbaar ook ’n klomp profete aangestel om oor jou in Jerusalem te profeteer en te sê: ‘Kyk, daar is die koning van Juda!’ Jy weet natuurlik dat die koning van Persië binnekort hiervan sal hoor. Daarom wil ek jou aanraai om my eerder te ontmoet sodat ons die saak kan uitpraat.”