Nehemiah 6:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het boodskappers na hulle gestuur om te sê: Ek doen 'n groot werk, sodat ek nie kan afkom nie; waarom sou die werk ophou as ek dit verlaat en na julle afkom?
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het toe vir hulle ’n boodskap teruggestuur: “Ek is met ’n groot taak besig, ek kan nie nou daarmee ophou en julle ontmoet nie.”
Afrikaans 1933/1953 Toe stuur ek boodskappers na hulle om te sê: Ek doen 'n groot werk, sodat ek nie kan afkom nie. Waarom moet die werk ophou sodra ek dit verlaat om na julle af te kom?
Afrikaans 1983 Ek stuur toe boodskappers na hulle toe en sê: “Ek is besig met 'n groot werk. Ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stilstaan terwyl ek dit laat lê om na julle toe te kom?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het toe boodskappers na hulle gestuur en gesê: “Dit is 'n groot werk waarmee ek besig is; ek kan nie na julle afkom nie. Waarom moet die werk stilstaan omdat ek dit moet los en na julle afkom?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het boodskappers na hulle toe gestuur om vir hulle te sê: “Ek doen 'n belangrike werk, ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stop? Hoekom moet ek dit los en na julle toe kom?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom het ek vir hulle ’n boodskap gestuur: “Ek is besig met baie belangrike werk, ek het nie nou tyd om soontoe te kom nie. In elk geval, waarom moet ek die werk laat stilstaan om na julle toe te kom?”