Nehemiah 6:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het ook sy goeie dade voor my aangesig en my woorde aan hom verkondig. En Tobia het briewe gestuur om my bang te maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het ook voortdurend vir my vertel hoe ’n wonderlike man Tobija is. Hulle het ook vir hom alles oorvertel wat ek gesê het. En Tobija het baie briewe aan my gestuur om my te probeer bangmaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het hulle voor my sy goeie bedoelings verhaal en my woorde na hom uitgebring. Tob¡a het briewe gestuur om my bang te maak. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het gedurig voor my gepraat van Tobija se goeie hoedanighede, en alles wat ek gesê het, aan hom oorgedra. Dan het hy briewe gestuur en my probeer bang praat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ook oor sy goeie dade het hulle gedurig voor my gepraat, en my woorde het hulle telkens aan hom oorgedra. Tobija het briewe gestuur om my bang te maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het aangehou om vir my te sê dat Tobija 'n baie goeie man is, en hulle het vir hom alles vertel wat ek gesê het. Hy het self ook vir my 'n brief geskryf om my bang te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het my gereeld vertel wat ’n wonderlike mens Tobija was. Alles wat ek gesê het, het hulle vir hom gaan oorvertel. In reaksie het hy dan dreigbriewe na my toe gestuur om my te probeer bang maak. |