Nehemiah 6:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want daar was baie in Juda wat vir hom gesweer het, omdat hy die skoonseun van Segánja, die seun van Arah, was; en sy seun Jóhanan het die dogter van Mesúllam, die seun van Beregja, geneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Baie van die mense in Juda het trou aan hom gesweer, want hy was die skoonseun van Sekanja, die seun van Arag. Verder was sy seun Joganan met die dogter van Mesullam seun van Berekja getroud. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want baie in Juda was deur 'n eed aan hom verbonde, omdat hy die skoonseun was van Seg nja, die seun van Arag, en sy seun Johanan die dogter van Mesullam, die seun van Ber,gja, getrou het. |
| Afrikaans 1983 | Baie Judeërs het noue bande met hom gehad, want hy was die skoonseun van Sekanja seun van Arag, en sy seun Joganan was getroud met 'n dogter van Mesullam seun van Berekja. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want baie mense in Juda was met 'n eed aan hom verbonde, omdat hy die skoonseun was van Seganja, seun van Arag; en sy seun Joganan was met die dogter van Mesullam, die seun van Beregja, getroud. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want baie mense in Juda was familie van Tobija. Hy was 'n skoonseun van Sekanja seun van Arag, en sy seun Jonatan was getroud met 'n dogter van Mesullam seun van Berekja. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Baie van hulle het ’n goeie verhouding met hom gehad, want hy was die skoonseun van Sekanja die seun van Arag. Sy seun Joganan was getroud met die dogter van Mesullam seun van Berekja. |