Nehemiah 6:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My God, dink aan Tobía en Sanballat volgens hierdie hulle werke, en aan die profetes Noadja en die ander profete wat my bang sou maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | O, my God, onthou al die slegte dinge wat Tobija en Sanballat gedoen het. En vergeet ook nie van die profeet Noadja en al die ander profete soos sy wat my probeer afskrik het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dink, my God, aan Tob¡a en aan Sanb llat volgens hierdie werke van hom, en ook aan No dja, die profetes, en die ander profete wat my wou bang maak. |
| Afrikaans 1983 | My God, onthou wat Tobija en Sanballat gedoen het, en ook die profetes Noadja en die ander profete wat my wou bang maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Onthou tog, my God, vir Tobija en Sanballat, oor hierdie dade van hulle, en ook Noadja, die profetes, en die res van die profete wat my wou bangmaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gebid en gesê: “My God, U moet onthou wat Tobija en Sanballat gedoen het. U moet ook onthou hoe die profeet Noadja en die ander profete probeer het om my bang te maak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My God, onthou tog al die slegte dinge wat Tobija en Sanballat gedoen het. Straf hulle daarvoor, en ook die skynheilige profetes Noadja en al die ander vals profete soos sy wat my probeer intimideer het. |