Nehemiah 6:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, ek het bemerk dat God hom nie gestuur het nie; maar dat hy hierdie profesie teen my uitgespreek het, want Tobía en Sanballat het hom gehuur.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het besef dat dit nie God is wat hom gestuur het nie. Dit was Tobija en Sanballat wat hom gehuur het om hierdie woorde vir my te profeteer.
Afrikaans 1933/1953 Want ek het duidelik gemerk dat God hom nie gestuur het nie, maar dat hy die profesie oor my gespreek het, omdat Tob¡a en Sanb llat hom gehuur het.
Afrikaans 1983 Ek het toe geweet dat God hom nie gestuur het nie, maar dat hy dié voorspelling teen my gemaak het omdat Tobija en Sanballat hom omgekoop het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het besef: Kyk, dit is nie God wat hom gestuur het nie; maar die profesie het hy self oor my uitgespreek. Dit is Tobija en Sanballat wat hom gehuur het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het besef dat God nie vir Semaja gestuur het nie. Semaja het gesê hy het 'n boodskap van God vir my gebring, maar dit was Tobija en Sanballat wat hom betaal het om dit te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe ek daaroor nadink, het ek besef dat God hom nie gestuur het nie, maar dat Sanballat en Tobija hom omgekoop het om dit vir my te sê.