Nehemiah 6:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het gesê: Moet so iemand soos ek vlug? en wie is daar wat, soos ek is, in die tempel sou gaan om sy lewe te red? Ek sal nie ingaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het hom geantwoord: “Behoort iemand soos ek vir gevaar weg te vlug? Behoort iemand soos ek in die tempel te skuil om my lewe te red? Nee, ek sal nie ingaan nie!”
Afrikaans 1933/1953 Maar ek het gesê: Sal 'n man soos ek vlug? En hoe durf een soos ek die tempel ingaan en in die lewe bly? Ek sal nie ingaan nie.
Afrikaans 1983 Ek het gesê: “Sal 'n man soos ek vlug, iemand soos ek tempel toe gaan om te kan bly lewe? Ek sal nie gaan nie!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het egter gedink: Moet iemand soos ek vlug? Wie sal, in my situasie, die tempel binnegaan sodat hy kan lewe? Ek sal nie gaan nie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het vir hom gesê: “Moet 'n man soos ek vlug? En moet iemand soos ek in die tempel gaan wegkruip om te bly lewe? Nee, ek sal nie gaan nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het vir hom gesê: “Ek is nie die soort mens wat weghardloop en gaan wegkruip nie. Moenie dink ek sal in die tempel gaan wegkruip om my lewe te red nie. Vergeet dit!”