Nehemiah 6:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarna het ek gekom by die huis van Semája, die seun van Delaja, die seun van Mehetabeël, wat opgesluit was; en hy sê: Laat ons saamkom in die huis van God, binne-in die tempel, en laat ons die deure van die tempel sluit, want hulle sal kom om jou dood te maak; ja, in die nag sal hulle kom om jou dood te maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Semaja seun van Delaja en kleinseun van Mehetabel was in sy huis toegesluit. Ek het hom gaan besoek. Hy het gesê: “Kom ons ontmoet mekaar in die tempel van God en sluit die deure van die tempel. U vyande is op pad om u vannag te kom doodmaak.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe ek in die huis van Sem ja, die seun van Del ja, die seun van Mehet beël kom, terwyl hy verhinder was, sê hy: Laat ons saamkom in die huis van God, binne-in die tempel, en laat ons die deure van die tempel toesluit; want hulle kom om u dood te maak, ja, hulle sal in die nag kom om u dood te maak. |
| Afrikaans 1983 | Ek het by Semaja seun van Delaja, seun van Mehetabel, gekom waar hy homself in sy huis toegesluit het. Hy het vir my gesê: “Kom ons ontmoet mekaar in die huis van God, binne-in die tempel, en laat ons dan die deure van die tempel sluit, want daar kom mense om jou dood te maak, hulle kom vannag om jou dood te maak.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het self na die huis van Semaja, seun van Delaja, seun van Mehetabel, gegaan. Hy was ingeperk, maar het gesê: “Ons moet by die huis van God ontmoet, in die •tempel. Ons moet die deure van die tempel sluit, want hulle kom om jou dood te maak; in die nag kom hulle om jou dood te maak.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gegaan na die huis van Semaja seun van Delaja seun van Mehetabel. Hy kon nie uit sy huis kom nie. Hy het vir my gesê: “Ons moet mekaar in die tempel ontmoet, binne-in die gebou. Dan sluit ons die deure, want daar is mense wat jou wil kom doodmaak. Hulle wil dit vannag doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Later het ek na Semaja seun van Delaja en die kleinseun van Mehetabel toe gegaan waar hy homself in sy huis toegesluit het. Hy het vir my gesê: “Ons twee moet saam in die woonplek van God, daar in die heiligste deel van die tempel, gaan wegkruip. Ons moet die deur sluit, want daar kom vannag mense om jou dood te maak.” |