Nehemiah 6:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit het gebeur toe Sanballat en Tobía en Gesem, die Arabier, en die res van ons vyande, hoor dat ek die muur gebou het en dat daar geen breuk daarin oorgebly het nie; (alhoewel ek in daardie tyd nog nie die deure by die poorte aangebring het nie;) |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sanballat, Tobija, die Arabier Gesem en die ander vyande het gehoor dat ek die bouwerk aan die muur voltooi het. Daar was geen openinge meer in die muur nie. Hulle moes wel nog die deure in die poorte hang. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Sanb llat en Tob¡a en Gesem, die Arabier, en ons ander vyande verneem dat ek die muur gebou het en dat daar geen skeur in oorgebly het nie, alhoewel ek tot die tyd toe geen deure in die poorte gesit het nie, |
| Afrikaans 1983 | Sanballat, Tobija, die Arabier Gesem en die res van ons vyande het berig gekry dat ek die muur klaar gebou het en dat dit nêrens meer vervalle was nie. In dié stadium was die poortdeure egter nog nie gehang nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die nuus Sanballat, Tobija, Gesem die Arabier, en die res van ons vyande bereik dat ek die muur herbou het en dat daar nie meer 'n bres daarin was nie, alhoewel ek tot op daardie stadium nog nie die deure in die poorte ingesit het nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het die muur klaar gebou. Daar het nie een stukkende plek oorgebly nie, maar ek het nog nie deure in die poorte gesit nie. Party mense het dit vertel vir Sanballat en Tobija en vir die Arabier Gesem en ons ander vyande. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sanballat, Tobija en die Arabier Gesem en die res van ons vyande het gehoor dat ons die muur klaar herstel het en dat dit nie meer in puin lê nie. Ons het egter nog nie die deure van die stadshekke vasgesit nie. |