Nehemiah 5:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het ook gesê: Dit is nie goed dat julle dit doen nie; moet julle nie in die vrees van onse God wandel vanweë die smaad van die heidene, ons vyande nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het voortgegaan en gesê: “Wat julle doen, is nie reg nie! Behoort julle leefwyse nie te wys dat julle ons God respekteer nie? Die vyandige volke sou dan mos nie rede gehad het om julle te minag nie.
Afrikaans 1933/1953 Verder het ek gesê: Dit is nie goed wat julle doen nie. Moet julle nie in die vrees van onse God wandel ter wille van die smaad van die heidene, ons vyande, nie?
Afrikaans 1983 Toe sê ek verder: “Dit is nie 'n goeie ding wat julle besig is om te doen nie. Julle moet tog eerbied vir ons God hê in julle optrede en nie ons vyande, die heidene, minagting vir ons laat kry nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verder het ek gesê: “Wat julle doen, is nie goed nie. Moet julle nie met ontsag vir ons God optree om die gespot van die nasies, ons vyande, te vermy nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê ek: “Dit is nie 'n goeie ding wat julle doen nie. Julle moet só lewe en julle moet die Here só dien dat ons vyande, die heidene, niks sleg van julle kan sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dit is ’n onding wat julle doen!” het ek vir hulle gesê. “Julle is veronderstel om met groot respek teenoor julle God op te tree. Dan sal ons vyande, daardie mense wat nie die Here ken nie, geen rede hê om neer te sien op ons nie.