Nehemiah 5:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het vir hulle gesê: Ons het na ons vermoë ons broers, die Jode, wat aan die heidene verkoop is, losgekoop; en sal julle selfs julle broers verkoop? of sal hulle aan ons verkoop word? Toe het hulle stilgebly en niks gekry om te antwoord nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | By die vergadering het ek vir hulle gesê: “Ons het ons bes gedoen om ons Joodse volksgenote wat hulleself aan vreemde volke moes verkoop, vry te kry. Nou verkoop julle julle eie mense weer as slawe en ons moet hulle terugkoop!” Hulle was stil en het nie ’n woord gesê nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en aan hulle gesê: Ons het ons Joodse broers wat aan die heidene verkoop was, na ons vermoë losgekoop; en tog verkoop julle jul broers, sodat hulle hul aan ons moet verkoop. En hulle het geswyg en geen antwoord gevind nie. |
| Afrikaans 1983 | en daar vir hulle gesê: “Ons het ons Judese volksgenote wat aan heidene verkoop was, teruggekoop sover dit vir ons moontlik was. Nou verkoop júlle julle volksgenote, en moet ons hulle ook uiteindelik terugkoop!” Die manne het stilgebly; ek kon nie 'n woord uit hulle kry nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en vir hulle gesê: “Ons het self ons volksgenote, die Judeërs, wat aan die nasies verkoop was, na ons vermoë teruggekoop, maar julle verkoop ook julle volksgenote, sodat hulle aan ons verkoop moet word.” Hulle was doodstil en kon nie 'n antwoord vind nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het vir die belangrike mense en die leiers gesê: “Die Judeërs moes hulleself verkoop aan mense wat nie Israeliete is nie, maar ons het hulle losgekoop. Nou verkoop julle hulle weer, en ons sal hulle wéér moet loskoop.” Hulle het stilgebly, niemand het iets gesê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en vir hulle gesê: “Ons probeer ons bes om ons Judese volksgenote wat as slawe aan heidennasies verkoop is, terug te kry sodat hulle weer vry kan wees. En nou doen julle presies dieselfde en dit nogal met julle eie mense! Verwag julle dat ons hulle ook nou moet terugkoop?” Niemand het ’n woord gesê nie, want hulle het niks gehad waarmee hulle hulle kon verdedig nie. |