Nehemiah 5:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het ek met myself geraadpleeg en die edeles en die owerstes bestraf en vir hulle gesê: Julle eis woeker, elkeen van sy broer. En ek het 'n groot vergadering teen hulle opgerig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat ek dit goed oordink het, het ek die leiers en amptenare aangespreek en vir hulle gesê: “Julle buit julle eie mense uit deur geld teen rente aan hulle te leen!” Ek het toe ’n groot openbare vergadering oor die probleem belê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het by myself beraadslaag en met die edeles en die leiers getwis en aan hulle gesê: Julle leen uit op woeker, elkeen aan sy broer! En ek het 'n groot vergadering teen hulle belê |
| Afrikaans 1983 | Na ek dit oorweeg het, het ek die skuld op die vooraanstaande burgers en die ampsdraers gelê en vir hulle gesê: “Julle is besig om julle volksgenote uit te buit!” Ek het bowendien 'n groot volksvergadering belê om hulle aan die man te bring |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het in my hart daaroor nagedink, en toe die hoëlui en gesagsdraers verwyt en vir hulle gesê: “Elkeen van julle leen sowaar teen woekerrente aan sy volksgenoot. ” Ek het toe 'n groot byeenkoms teen hulle saamgeroep |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het daaroor gedink, en toe het ek die belangrike mense en die leiers beskuldig en vir hulle gesê: “Julle wil hê julle broers moet meer en meer geld vir julle skuld.” Ek het die mense bymekaargeroep, en ons het 'n groot volksvergadering gehou om hulle te beskuldig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadat ek lank nagedink het, het ek besluit om met die ryk mense en die leiers te raas. “Julle buit julle mense uit!” het ek vir hulle gesê. Toe het ek ’n openbare volksvergadering belê om oor die probleem te praat |