Nehemiah 5:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar was ook sommige wat gesê het: Ons het ons lande, wingerde en huise verpand, om koring te koop weens die gebrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Ander het gesê: “Ons het ons landerye, wingerde en huise verpand om gedurende die hongersnood kos in die hande te kry.”
Afrikaans 1933/1953 En ander het gesê: Ons lande en ons wingerde en ons huise moes ons verpand, sodat ons koring kon koop in die hongersnood!
Afrikaans 1983 Party het gesê: “Ons moes vanweë die hongersnood ons lande, ons wingerde en ons huise verpand om koring in die hande te kry.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan was daar dié wat gesê het: “Ons landerye, ons wingerde en ons huise moes ons verpand, sodat ons koring kon koop in die hongersnood.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Party het gesê: “Daar is baie min kos. Ons moes ons koringlande en ons wingerde en ons huise gee om koring te kry.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ander het gesê: “Ons moes al ons lande, wingerde en huise verkoop net om kos in die hande kry.”