Nehemiah 5:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder was daar aan my tafel honderd-en-vyftig van die Jode en owerstes, behalwe dié wat na ons gekom het uit die heidene wat rondom ons is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het gereeld 150 Judeërs en amptenare aan tafel gehad. Dit was bo en behalwe die besoekers wat uit lande van die omgewing gekom het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die Jode, die leiers, honderd en vyftig man, sowel as die wat uit die heidene rondom ons na ons toe gekom het, was aan my tafel. |
| Afrikaans 1983 | Honderd en vyftig man van die Judeërs en die amptenare en boonop die mense wat van die heidennasies rondom ons na ons toe gekom het, het aan my tafel geëet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Judeërs en die gesagsdraers, 'n honderd-en-vyftig man, en hulle wat uit die nasies rondom ons na ons gekom het, was by my aan tafel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar het 150 persone van die Judeërs en hulle leiers by my geëet, en ook mense van die volke rondom ons wat na ons toe gekom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het daagliks vir ten minste 150 Judeërs en hulle leiers kos gegee. Dit is nou buiten mense van die omringende gebiede wat by ons kom aansluit het en wat ook daar geëet het. |