Nehemiah 5:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, ek het ook volgehou met die werk van hierdie muur, en ons het geen grond gekoop nie, en al my dienaars het daar by die werk vergader. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het my aandag aan die bou van die muur gegee en nie vir my grond aangeskaf nie. Ek het ook van al my amptenare verwag om aan die muur te werk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ook by die werk aan hierdie muur het ek volhard sonder dat ons grond aangeskaf het, terwyl tog al my mense daar by die werk versamel was. |
| Afrikaans 1983 | Ek het my volle gewig ingegooi by die werk aan hierdie muur, ek het nie lande gekoop nie, en al my helpers was hier by die werk saamgetrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ook met die werk aan hierdie stadsmuur het ek volhard. Grond het ek nie gekoop nie, en al my werkers was altyd daar by die werk saamgetrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal moet ook weet dat ek al my krag gegee het vir die werk om hierdie muur te bou. Ek het nie grond gekoop nie, en die manne wat vir my werk, het almal gehelp om die muur te bou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het voluit aan die muur gewerk en nie eens vir my grond gekoop nie. Ek het van almal wat vir my gewerk het, verwag om aan die muur te werk. |