Nehemiah 5:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder van die tyd af dat ek aangestel is om hulle goewerneur in die land Juda te wees, van die twintigste jaar tot die twee-en-dertigste jaar van koning Artasasta, dit is twaalf jaar, het ek en my broers nie die brood geëet van die goewerneur.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek was twaalf jaar lank goewerneur van Juda. Dit het gestrek vanaf die twintigste tot die 32ste jaar wat koning Artasasta regeer het. In dié tyd het nie ek of enige van my amptenare die kostoelaag waarop die goewerneur geregtig is, gebruik nie.
Afrikaans 1933/1953 Ook van die dag af dat ek aangestel is om hulle goewerneur te wees in die land Juda, van die twintigste jaar af tot die twee en dertigste jaar van koning Artas sta, twaalf jaar lank, het ek en my broers die brood van goewerneurs nie geëet nie;
Afrikaans 1983 Van die dag af dat ek aangestel is as goewerneur in Juda, van die twintigste jaar af tot die twee en dertigste jaar van koning Artasasta, twaalf jaar lank, het ek en my medeamptenare nie aanspraak gemaak op die goewerneurstoelae nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Boonop het ek en my broers, vanaf die dag dat ek aangestel is om as hulle •streekgoewerneur in die land Juda op te tree, van die twintigste regeringsjaar van Artasasta, die koning, tot die twee-en-dertigste jaar – twaalf jaar lank – nie die voedsel wat streekgoewerneurs toekom, geëet nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Almal moet ook weet dat ek en my broers nie die geld gevra het wat 'n goewerneur moet kry om kos te koop nie. Dit was so van die dag toe die koning my gekies en aangestel het om goewerneur van Juda te wees. Dit was twaalf jaar lank, van die 20ste tot die 32ste jaar wat Artasasta koning was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van die twintigste tot die 32ste regeringsjaar van koning Artasasta, gedurende die twaalf jaar dat ek die goewerneur van Juda was, het nie ek of enige van my amptenare ooit aanspraak gemaak op ons amptelike kostoelaag nie.