Nehemiah 5:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het ook my skoot geskud en gesê: So skud God dan elkeen uit sy huis en uit sy arbeid wat hierdie belofte nie nakom nie; laat hy ook so uitgeskud en leeggemaak word. Toe sê die hele vergadering: Amen, en loof die HERE. En die volk het volgens hierdie belofte gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het ek ook my sakke uitgeskud en gesê: “Mag God julle net so uitskud uit julle huise en julle eiendom as julle nie julle belofte nakom nie!” Die vergadering het heelhartig daarmee saamgestem en die Here geprys. Die mense het hulle beloftes nagekom.
Afrikaans 1933/1953 Ook het ek my boesem uitgeskud en gesê: Mag God so elke man uitskud wat hierdie woord nie bevestig nie, uit sy huis en uit sy besitting; en mag hy so uitgeskud en leeg wees! Toe sê die hele vergadering: Amen! en hulle het die HERE geprys. En die volk het volgens hierdie woord gehandel.
Afrikaans 1983 Self het ek my sakke uitgeskud en gesê: “Mag God elkeen wat nie woord hou nie, so uit sy huis en sy besittings uitskud, dat hy net so kaal uitgeskud en leeg is.” Die hele vergadering het gesê: “Amen!” en hulle het die Here geprys. Die mense het toe gedoen wat ek gevra het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het ook die vou van my kleed uitgeskud en gesê: “Net so sal God elke man uitskud wat nie hierdie woord gestand doen nie – uit sy huis en uit sy besittings. Mag hy so uitgeskud en leeg wees.” Die hele byeenkoms het gesê “Amen!” en hulle het die Here geloof. Die volk het woord gehou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het ook my bo-kleed geskud en alles uitgegooi wat ek daarin gebêre het. Ek het gesê: “Ek bid dat God dieselfde sal doen met elke man wat nie doen wat hy belowe het nie. Ek bid dat God hom so sal uitskud uit sy huis en uit alles wat hy het, sodat hy niks sal hê nie.” Die volksvergadering het gesê: “Amen!” En hulle het die Here geprys. Almal het gedoen wat hulle belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het ek my sakke as ’n teken uitgeskud en gesê: “Mag God elkeen wat nie sy woord hou nie, net so uit sy huis en besittings uitskud sodat hy niks oorhet nie.” Die hele vergadering het gesê: “Amen; laat dit so wees!” en die Here geprys. Die mense het hulle belofte gehou.