Nehemiah 5:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê hulle: Ons sal hulle herstel en niks van hulle eis nie; so sal ons doen soos U sê. Toe roep ek die priesters en het 'n eed van hulle afgelê dat hulle volgens hierdie belofte moes handel.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het toe gesê: “Ons sal maak soos u sê. Ons sal alles teruggee en niks meer van hulle eis nie.” Ek het die priesters geroep en die leiers en amptenare ’n eed laat sweer dat hulle sal doen wat hulle beloof het om te doen.
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê hulle: Ons sal dit teruggee en niks van hulle vorder nie; ons sal net so handel soos u gesê het. En ek het die priesters geroep en hulle laat sweer om volgens hierdie woord te handel.
Afrikaans 1983 Hulle het gesê: “Ons sal dit teruggee en niks meer van hulle eis nie. Ons sal maak soos u gesê het.” Ek het toe die priesters geroep en die burgers en amptenare onder eed laat onderneem om hiervolgens te handel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het hulle gesê: “Ons sal dit teruggee en van hulle niks eis nie. Ons sal presies maak soos jy gesê het.” Ek het toe die priesters ontbied en daardie mense 'n eed laat aflê om ooreenkomstig hierdie onderneming op te tree.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het gesê: “Ons sal dit teruggee en ons sal nie vir hulle nog iets vra nie. Ons sal doen wat jy sê.” Ek het die priesters geroep. Hulle almal moes belowe dat hulle sal doen wat hulle gesê het, en dat God die getuie sal wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ons sal maak soos jy sê en al hulle eiendom teruggee sonder om verdere skuld van hulle te probeer vorder,” was die ander mense se antwoord. Toe het ek die priesters nader geroep en hierdie mense onder eed laat belowe dat hulle hulle woord sou hou.