Nehemiah 5:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gee hulle tog vandag nog hulle lande terug, hulle wingerde, hulle olyfbome en hulle huise, ook die honderdste deel van die geld en van die koring, die wyn en die olie wat julle van hulle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle moet vandag nog hulle landerye, wingerde, olyfboorde en huise vir hulle teruggee. Betaal ook die rente terug wat julle op hulle geld, graan, wyn en olyfolie gehef het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Gee dan vandag nog hulle lande, hulle wingerde, hulle olyfbome en hulle huise aan hulle terug, en die honderdste deel van die geld en die koring, die mos en die olie wat julle aan hulle geleen het. |
| Afrikaans 1983 | Gee vandag nog hulle lande, wingerde, olyfboorde en huise vir hulle terug en skeld hulle ook nog een persent kwyt van die geld, die koring, die wyn en die olie wat julle aan hulle geleen het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gee tog vandag nog hulle landerye, wingerde, olyfboorde en huise aan hulle terug, en ook die rente op die geld, koring, •nuwe wyn en olie wat julle aan hulle geleen het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet asseblief vandag hulle koringlande, hulle wingerde, hulle olyfboorde en hulle huise teruggee. Julle moet sê hulle moenie die geld en die koring en die olyf-olie teruggee wat hulle vir julle skuld nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gee dadelik hulle lande, wingerde, olyfboorde en huise vir hulle terug en kanselleer die rente wat julle op hulle uitstaande skuld op hulle geld, koring, wyn en olyfolie gehef het.” |