Nehemiah 5:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Net so sou ek en my broers en my dienaars geld en koring van hulle kon eis;
Afrikaans (NLV) 2011 Ek, my familie en my werkers het self ook geld en graan aan van die mense geleen. Kom ons hou nou op om op hierdie manier geld teen rente uit te leen.
Afrikaans 1933/1953 Ek self, my broers en my mense het ook aan hulle geld en koring geleen; laat ons tog hierdie lening kwytskeld.
Afrikaans 1983 Ek, my medeamptenare en my helpers moes ook aan dié mense geld en koring leen. Maar laat ons tog die uitbuiting staak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook ek, my broers en my werkers het aan volksgenote geld en koring geleen. Laat ons maar hierdie woekerrente kwytskeld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek en my broers en my manne het ook vir hierdie mense geld en koring geleen. Ons moet nou vergeet dat hulle vir ons iets skuld.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek en al my helpers het aan hierdie arm mense geld en koring geleen,” het ek verder gesê. “Kom ons hou nou dadelik op om mense uit te buit wat swaarkry.