Nehemiah 5:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar was 'n groot geroep van die volk en van hulle vroue teen hulle broers, die Jode.
Afrikaans (NLV) 2011 In hierdie tyd was daar ook ernstige klagtes van die volk en die vroue teen sommige van hulle mede-Jode.
Afrikaans 1933/1953 En daar het 'n groot geroep van die volk en van hulle vroue ontstaan teen hulle broers, die Jode;
Afrikaans 1983 Sekere mense en hulle vrouens het 'n ernstige klag teen hulle Judese volksgenote ingebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar het 'n groot noodkreet onder die volk opgeklink, ook onder hulle vroue, gerig teen hulle Judese volksgenote.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Party mans en hulle vroue het kom kla oor die Judeërs.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In ’n stadium het ’n klompie Judese mans en vroue ernstig gekla oor hulle meer vermoënde medeburgers.