Nehemiah 4:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar dit het gebeur dat toe Sanballat en Tobía en die Arabiere en die Ammoniete en die Asdodiete hoor dat die mure van Jerusalem opgebou is en dat die skeure begin stop is, het hulle baie kwaad geword. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die werk het gevorder en hulle het die gapings in die muur herstel. Toe Sanballat, Tobija, die Arabiere, die Ammoniete en die mense van Asdod dit hoor, het hulle baie kwaad geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe Sanb llat en Tob¡a en die Arabiere en die Ammoniete en die Asdodiete hoor dat die verbetering aan die mure van Jerusalem vorder, dat die skeure begin toeraak, het hulle baie kwaad geword. |
| Afrikaans 1983 | Sanballat, Tobija, die Arabiere, die Ammoniete en die mense van Asdod was hewig ontsteld toe hulle hoor die herstel aan Jerusalem se mure vorder en die afgebreekte gedeeltes is byna klaar opgebou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Sanballat, Tobija, die Arabiere, Ammoniete en mense van Asdod hoor dat die herstelwerk aan die mure om Jerusalem vorder, dat die bresse begin toegaan, het hulle baie kwaad geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sanballat en Tobija en die Arabiere en die Ammoniete en die mense van Asdod het baie kwaad geword toe hulle hoor dat die Judeërs die muur regmaak en dat dit goed gaan met die werk. Hulle het gehoor dat amper al die stukkende plekke in die muur weer reg is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Sanballat, Tobija, die Arabiere en die inwoners van Asdod hoor dat ons goed vorder en dat daar byna geen openinge meer in die muur was nie, was hulle baie kwaad. |