Nehemiah 4:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So het ons die muur gebou; en die hele muur was aan die helfte daarvan saamgevoeg, want die manskappe was lus om te werk.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense het baie hard gewerk. Uiteindelik was die muur reg rondom die stad tot halfpad die oorspronklike hoogte herbou.
Afrikaans 1933/1953 Maar ons het die muur opgebou, en die hele muur is tot op sy helfte herstel; en die volk was met hulle hart in die werk.
Afrikaans 1983 Ons het bly bou aan die muur. Die hele muur was al halfpad opgebou. Die mense se hart was in die werk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons het die stadsmuur opgebou. Die dele van die hele muur is saamgevoeg tot op die helfte van sy hoogte. Die volk se hart was in hulle werk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het aangehou om die muur te bou. Die muur was die helfte so hoog soos hy moes wees, en die mense het fluks gewerk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons het verder aan die muur gebou. Kort voor lank was dit halfpad voltooi omdat almal met hart en siel help bou het.