Nehemiah 4:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Tobía, die Ammoniet, was by hom, en hy het gesê: Selfs wat hulle bou, as 'n jakkals optrek, sal hy selfs hulle klipmuur afbreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Tobija die Ammoniet wat langs hom gestaan het, het gesê: “Daardie klipmuur sal omval selfs as ’n jakkals daarop loop!”
Afrikaans 1933/1953 En Tob¡a, die Ammoniet, het langs hom gestaan en gesê: Wat hulle ook al bou -- as 'n jakkals daarteen opspring, sal hy hulle klipmuur omgooi!
Afrikaans 1983 Tobija die Ammoniet het langs Sanballat gestaan en hy het gesê: “Laat hulle bou! Daardie klipmuur van hulle sal omval as 'n jakkals daarteen spring!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Tobija, die Ammoniet, was langs hom. Hy sê toe: “Wat hulle ook al herbou, as 'n jakkals daarteen opspring, maak hy 'n gat in hulle klipmuur.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Ammoniet Tobija was langs Sanballat, en hy het gesê: “As hulle dit regkry om die muur te bou, dan sal 'n jakkals dit kan omstamp as hy teen die muur spring.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Tobija die Ammoniet, wat langs hom gestaan het, het haastig bygevoeg: “Los hulle, laat hulle maar hulle muur bou. Dit sal in elk geval nie hou nie. As ’n jakkals daarteen opspring, sal dit omval!”