Nehemiah 4:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So het nie ek of my broers of my dienaars of die manne van die lyfwag wat my gevolg het nie, nie een van ons het ons klere uitgetrek nie, behalwe dat elkeen dit uitgetrek het om te was.
Afrikaans (NLV) 2011 In dié tyd het niemand van ons ooit ons klere uitgetrek nie — nie ek of my familie of my diensknegte of die wagte wat by my was nie. Ons het ons wapens te alle tye saam met ons gedra, selfs wanneer ons water gaan drink het.
Afrikaans 1933/1953 Maar ek self en my broers en my mense en die manne van die wag wat my gevolg het, het nooit ons klere uitgetrek nie -- elkeen met sy wapen en water.
Afrikaans 1983 Nie ek of my medeamptenare of my dienaars of die wagte by my het kans gekry om ons klere uit te trek nie en selfs by die water het ons ons wapens gereed gehou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nie ek of my volksgenote of my jong manne of die manne wat by my op wag was – nie een van ons het eers sy klere uitgetrek nie, elkeen steeds met sy wapen by sy regterhand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand het sy klere uitgetrek nie, nie ek of my broers of die man wat vir my gewerk het of die manne wat waggestaan het nie. Elkeen het sy spies gereedgehou, ook wanneer hy gewas het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nie ek of my medeamptenare, ons helpers of die wagte wat by ons was, het ooit ’n kans gekry om ons klere uit te trek nie. Selfs as ons gaan bad het, het ons altyd wapens byderhand gehou.