Nehemiah 4:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Net so het ek in dieselfde tyd vir die volk gesê: Laat elkeen met sy dienaar in Jerusalem vernag, sodat hulle in die nag vir ons 'n wag kan wees en bedags kan werk.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het ook almal wat buite die mure gebly het, beveel om in Jerusalem te kom slaap. Op dié manier kon hulle en hulle slawe in die nag help wagstaan en bedags met die werk help.
Afrikaans 1933/1953 Ook het ek in die tyd aan die volk gesê: Elkeen moet met sy kneg binnekant Jerusalem vernag, sodat hulle vir ons in die nag 'n wag kan wees en oordag 'n werkkrag.
Afrikaans 1983 Ek het dié tyd ook vir die volk gesê: “Elke man met sy handlanger moet in Jerusalem oornag, sodat hulle snags vir wagdiens en bedags vir die werk beskikbaar is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was ook in hierdie tyd dat ek vir die manskappe gesê het: “Elkeen moet met sy jong manne in Jerusalem oornag, sodat hulle vir ons snags as wagte kan optree en bedags by die werk kan wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het daardie tyd ook vir die mense gesê: “Julle moet hier in Jerusalem slaap, elke man en die man wat vir hom werk moet hier slaap, sodat julle in die nag kan wagstaan en in die dag kan werk.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het ook in dié tyd vir mense wat buite Jerusalem gebly het, gevra om binne-in die stad te kom slaap. So kon ons mekaar aflos met wagstaan in die nag en werk in die dag.