Nehemiah 4:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ons het toe aan die werk gewerk, en die helfte van hulle het die spiese vasgehou van die opkoms van die môre totdat die sterre verskyn het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het van vroeg tot laat gewerk, van sonsopkoms tot sonsondergang. Een helfte van die mense was altyd op wag, gewapen met spiese.
Afrikaans 1933/1953 En ons het die werk gedoen, terwyl die helfte van hulle die spiese vashou vandat die rooidag uitkom totdat die sterre verskyn.
Afrikaans 1983 Ons het met die werk aangegaan, die helfte van die manne met spiese in die hand, van dagbreek af tot die sterre uitgekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So was ons besig met die werk, terwyl die helfte van die manne steekspiese gereedhou: vandat die rooidag gebreek het, totdat die sterre verskyn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) So het ons gewerk terwyl die helfte van ons die spiese gereedgehou het. Ons het gewerk vandat dit lig geword het in die oggend totdat die sterre in die aand uitgekom het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons het elke dag aan die muur gewerk, van die son opgekom tot die sterre uitgekom het. Terwyl die een helfte gewerk het, het die ander helfte waggestaan met hulle wapens.