Nehemiah 4:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In watter plek julle dan die geluid van die basuin hoor, kom julle daarheen: ons God sal vir ons veg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As julle die trompet hoor blaas, kom vinnig by daardie punt bymekaar. Ons God sal vir ons veg!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Op die plek waar julle die geluid van die basuin hoor, daar moet julle by ons bymekaarkom; onse God sal vir ons stry. |
| Afrikaans 1983 | Waar julle ook al die ramshoring hoor blaas, daar moet julle by ons saamtrek. Ons God sal vir ons die stryd voer.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op enige plek waar julle die geluid van die ramshoring hoor, daar moet julle by ons aansluit. Ons God sal vir ons veg. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer julle hoor dat die ramshoring blaas, dan moet julle almal bymekaarkom by ons. Ons God sal vir ons veg.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As julle die trompet hoor blaas, sorg dat julle so gou moontlik by my en die soldate uitkom. Ons weet ons God sal ons help in die geveg.” |