Nehemiah 4:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het aan die edeles en aan die owerstes en aan die res van die volk gesê: Die werk is groot en groot, en ons is geskei op die muur, die een ver van die ander.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het vir die leiers, amptenare en die res van die volk verduidelik: “Kyk, ons werk oor ’n groot gebied en ons is ver van mekaar af al langs die muur versprei.
Afrikaans 1933/1953 En ek het aan die edeles en die leiers en die ander mense gesê: Die werk is groot en uitgestrek, en ons is uitmekaar op die muur, die een ver van die ander af.
Afrikaans 1983 Ek het vir die vooraanstaande burgers, die ampsdraers en die res van die volk gesê: “Die werk is groot en uitgestrek, en ons is oor die hele muur uitgesprei, elkeen ver van die naaste man af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sê toe vir die hoëlui, die gesagsdraers en die res van die manskappe: “Die werk is baie en verspreid, en ons is uitgesprei op die muur, elkeen ver van sy volksgenote.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het vir die belangrike mense, vir die leiers en die ander mense, gesê: “Ons werk ver van mekaar op die muur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het vir almal daar gesê: “Ons het nog baie werk om te doen. Die muur strek oor ’n groot gebied en ons is soms ver van mekaar af.