Nehemiah 4:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vir die bouers het elkeen sy swaard aan sy sy gegord en so gebou. En hy wat die basuin geblaas het, was by my. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die bouers het gewerk met ’n swaard aan hulle sye vasgemaak. Die trompetblaser het by my gebly om alarm te maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die bouers het elkeen sy swaard aan sy heupe gegord en gebou, terwyl die basuinblaser by my gestaan het. |
| Afrikaans 1983 | Die bouers het elkeen sy swaard om die heupe vasgegord gehad. Die ramshoringblaser het naby my gebly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elke bouer het gebou met sy swaard aan sy heupe vasgegord. Die een wat die •ramshoring blaas, was langs my. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne wat gebou het, het hulle swaarde teen hulle heupe vasgebind, en die man wat die ramshoring moes blaas, was langs my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die bouers het ook ’n swaard om hulle heupe gedra. Die soldaat wat met sy trompet alarm moes maak as daar gevaar kom, het die hele tyd by my gebly. |