Nehemiah 4:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van daardie tyd af het die helfte van my dienaars die werk gedoen, en die ander helfte van hulle het die spiese, die skilde en die boë en die huisbewoners vasgehou; en die owerstes was agter die hele huis van Juda. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar van toe af kon net die helfte van my mense met die werk aangaan. Die ander het met harnasse aan waggestaan, gewapen met spiese, skilde en boë. Die offisiere het agter die mense van Juda posisie ingeneem |
| Afrikaans 1933/1953 | En van die dag af was die helfte van my mense besig met die werk, en die ander helfte het die spiese en die skilde en die boë en die pantsers gehou, terwyl die owerstes agter die hele huis van Juda gestaan het. |
| Afrikaans 1983 | Van daardie dag af was een helfte van my manne aan die werk en het die ander helfte die spiese, skilde, pyle en boë en harnasse gereed gehou. Die gesagvoerders het plek ingeneem agter elke familiegroep Judeërs |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van daardie dag af het die helfte van my jong manne met die werk aangegaan, en die ander helfte het die steekspiese, kleinskilde, boë en harnasse gereed gehou. Die bevelvoerders was opgestel agter die hele huis van Juda |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Van daardie dag af het die helfte van my manne gewerk en die ander helfte het gereedgestaan met spiese, skilde, pyl en boë, en harnasse. Die offisiere het gestaan agter al die mense van Juda |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [16-17] Van daardie dag af het die helfte van die mense aan die muur gebou terwyl die ander helfte waggestaan het met spiese, skilde, pyle en boë en borsharnasse. Die leiers van die volk het almal wat aan die muur gewerk het, elke dag besoek en aangemoedig. Die helpers wat die boumateriaal moes aandra, het hulle werk met een hand gedoen, want in die ander hand het hulle ’n wapen gedra. |