Nehemiah 4:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur, toe ons vyande hoor dat dit aan ons bekend was, en God hulle raad tot niet gemaak het, het ons almal teruggekeer na die muur, elkeen na sy werk.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe ons vyande hoor dat ons van hulle planne weet en dat God dit in die wiele gery het, kon elkeen van ons weer na ons werk aan die muur teruggaan.
Afrikaans 1933/1953 En toe ons vyande hoor dat dit aan ons bekend geword het, en God hulle plan verydel het, het ons almal teruggegaan na die muur, elkeen na sy werk.
Afrikaans 1983 Ons vyande het gehoor dat ons van hulle planne weet en dat God dit verydel het, en ons kon almal teruggaan muur toe, elkeen na sy werk toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons vyande het gehoor dat hulle plan aan ons bekend is. God het hulle plan verydel, en ons kon almal teruggaan na die muur, elkeen na sy werk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons vyande het gehoor dat ons weet van hulle planne en dat ons weet dat God hulle planne laat misluk het. Ons het toe almal teruggegaan na die muur, elkeen het sy werk daar gaan doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe ons vyande agterkom dat ons weet van hulle planne om ons aan te val, het hulle besef dat God dit in die wiele gery het. Daarna kon ons voortgaan met ons werk aan die muur.