Nehemiah 4:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het Ek op die laer plekke agter die muur en op die hoër plekke gestel, selfs die volk aangestel volgens hulle geslagte met hulle swaarde, hulle spiese en hulle boë.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het toe wagte agter die laagste dele van die muur geplaas waar daar oop gedeeltes was. Ek het ook mense by die families laat wagstaan, gewapen met swaarde, spiese en boë.
Afrikaans 1933/1953 het ek op die laagste plekke agter die muur, op die kaal plekke, manskappe opgestel -- ek het die volk opgestel volgens hulle geslagte met hul swaarde, hul spiese en hul boë.
Afrikaans 1983 Ek het die volk, gewapen met swaarde, spiese en pyle en boë, familiegewys ingedeel en hulle stelling laat inneem agter die muur onderkant elke plek waar die muur nog nie hoog genoeg was nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het toe by dié dele wat laer was as die ooreenstemmende plekke agter die muur, by die dele wat blootgestel was, wagte uitgesit. Ek het die manskappe volgens familiegroepe opgestel, met hulle swaarde, steekspiese en boë.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het toe vir die mense gesê hulle moet gereedstaan agter die muur op die gelyk plekke, elke familie moet swaarde, spiese en pyl en boë hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom het ek die mense met swaarde, spiese, pyle en boë bewapen. Ek het families saamgesit en hulle agter die muur stelling laat inneem by die plekke wat nog nie heeltemal klaar was nie.