Nehemiah 4:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die Jode kom wat by hulle gewoon het, het hulle tien maal vir ons gesê: Van al die plekke waar julle na ons terugkom, sal hulle op julle wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Jode wat naby die vyand gebly het, het herhaaldelik vir ons kom sê: “Hulle sal uit alle rigtings kom om ons aan te val!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die Jode wat by hulle gewoon het, inkom en wel tien maal, uit al die plekke, aan ons sê: Julle moet na ons toe terugkom -- |
| Afrikaans 1983 | Ons is egter keer op keer gewaarsku deur Judeërs wat naby ons vyande gewoon het en van oral af na ons toe gekom het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer die Judeërs, wat langs hulle gewoon het, by ons kom, het hulle seker tien keer van oral oor vir ons gesê: “Julle moet na ons toe terugkom.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party Judeërs wat naby ons vyande gewoon het, het vir ons tien maal kom sê dat ons vyande van al die kante kom om ons aan te val. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Judeërs wat naby daardie slegte spul gebly het, het ’n hele paar keer na ons toe gekom met die waarskuwing dat hulle ons gaan aanval. |