Nehemiah 4:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ons teëstanders het gesê: Hulle sal dit nie weet nie en nie sien nie, totdat ons in hul midde kom en hulle doodmaak en die werk laat ophou.
Afrikaans (NLV) 2011 “Boonop sê ons vyande: ‘Voordat hulle besef wat gebeur, is ons tussen hulle. Dan maak ons hulle dood en bring ’n einde aan die bouery.’”
Afrikaans 1933/1953 En ons teëstanders het gesê: Hulle mag niks weet en sien nie totdat ons tussen hulle inkom en hulle doodslaan en 'n einde maak aan die werk.
Afrikaans 1983 Ons teenstanders het gedink: hulle sal niks weet of sien voor ons tussen hulle is en hulle doodmaak en die werk tot stilstand bring nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons teenstanders het gesê: “Hulle sal nie weet nie, dit nie eers agterkom nie, totdat ons tussen hulle inbeweeg, hulle doodmaak en 'n einde aan die werk maak.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons vyande het vir mekaar gesê: “Ons sal tussen die Judeërs wees en ons sal hulle doodmaak voordat hulle iets sal weet of sal sien. Dan sal die werk kan ophou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Intussen het ons teëstanders gedink: “Voor hulle hulle oë uitvee, is ons tussen hulle. Dan maak ons hulle dood en maak ’n einde aan die bouery.”