Nehemiah 4:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Juda: Die krag van die lasdraers is vergaan, en daar is baie rommel; sodat ons nie die muur kan bou nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die mense van Juda het begin sê: “Die bouers is besig om moeg te word en daar is baie rommel wat ons moet verwyder. Ons sal die muur nie alleen kan bou nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar Juda het gesê: Die krag van die lasdraers beswyk, en die puinhoop is groot, sodat ons nie aan die muur kan bou nie.
Afrikaans 1983 Die Judeërs het begin kla: “Die draers se kragte gee in, die puin is te veel. Ons gaan dit nie regkry om die muur klaar te bou nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Juda het gesê: “Die krag van die draers gee in, die puin is te veel. Ons alleen is nie in staat om die muur te herbou nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Judeërs het gesê: “Die mense wat die klippe moet dra, word moeg, en daar is groot hope grond wat hulle moet wegdra. Ons sal nie die muur klaar kan bou nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die werkers in Juda het toe ’n treurige lied gesing: “Die bouers se kragte raak op, die rommel is net te veel om weg te vat, ons gaan nooit hierdie muur klaar gebou kry nie.”